FILMSPAN

Quentin Krog
’n Man met vele talente – Quentin is nie slegs ’n gevestigde vryskut-akteur en stemkunstenaar nie, maar het ook ’n natuurlike aanslag agter die kamera as regisseur.
Danie Bester
Danie Bester het oor die afgelope sewe jaar 22 vollengte rolprente vervaardig en word deur baie mense as ’n sleutelpersoon in die hernuwing van die Suid-Afrikaanse filmindustrie beskou.
Brendan Barnes
Brendan Barnes is ’n jong, bekroonde filmmaker van Johannesburg wat reeds 12 toekennings vir sy kinematografie ontvang het, al het hy eers in 2010 sy BA honneursgraad in Motion Picture Medium behaal.
Dries Scholtz
As die seun van die bekende filmmakers, André Scholtz en Riana Pienaar, het Dries grootgeword in ’n omgewing waar kameras, draaiboeke en ligte aan die orde van die dag was. Vanaf ’n jong ouderdom het hy geweet dat hy in sy ouers se voetspore wou volg.
C.A. van Aswegen
C.A. van Aswegen, wat al verskeie toekennings in die industrie losgeslaan het, het met cum laude in sy honneursjaar in Motion Picture Medium by AFDA in Johannesburg gegradueer.
Benjamin Willem
Benjamin Willem is ’n hoogs ervare musiekkomponis wat al klankbane gekomponeer het vir meer as 17 vollengte rolprente, meer as 40 internasionale dokumentêre vir National Geographic,
Bathoni Robinson
Bathoni Robinson se eerste werk in die filmbedryf was as kamerassistent by die African Cup of Nations in Burkina Faso.
Mary-Sue Morris
Vanaf ’n jong ouderdom het Mary-Sue besef sy wou ’n grimeerkunstenaar en haarstilis word, en het sy hierdie droom verwesenlik deur te begin om as ’n sekretaresse by ’n produksiemaatskappy te werk waar sy vinnig bevorder is tot produksie-assistent.
Nerine Pienaar
Met ’n trotse Afrika-oorsprong en internasionale kern het Nerine ’n stewige posisie in die film, advertensie- en vermaaklikheids-bedryf met onoortreflike styl, wat sterk vorentoe beweeg, gekerf.
Tina Kruger
Tina Kruger is ‘n vryskut skrywer, vervaardiger, regisseur en akteur. Sy voltooi haar BA Graad in Oudiovisuele Produksiebestuur (RAU) in 2003 en haar Honneurs in Sielkunde (RAU) in 2004.