Bennie Fourie

Karel Grové

Bennie Fourie

Bennie Fourie is ’n voltydse akteur, skrywer en regisseur met ’n slag vir komedie. Hy was vir baie jare deel van die improvisasiegroep Lagnes en het in 2015 die rol van Hermann in die eerste Afrikaanse branderplankry-rolprent, Die Pro vertolk. In 2016, is hy te sien in Vir Die Voëls en Sy Klink Soos Lente, ’n romantiese komedie oor vals note, vriendskap en hoe ’n wit leuen soms tot die verwesenliking van jou grootste drome kan lei

Alhoewel hy lief is vir komedie was sy eerste rol ’n besonderse uitdagende een. Hy het die rol van Henry, ’n kwadropleeg, in die 2014-film, Born to Win vertolk. Bennie was ook deel van die ensemble-film, Mooirivier waar hy teenoor Bouwer Bosch het as ’n lighartige student met die naam Spys gespeel het.

Die rol waarop hy die trotsste is is die hoofkarakter Kevin, ’’n onseker werknemer by ’n wassery, in die galge-komedie Vuil Wasgoed. Hy was ook hierby betrokke as skrywer en regisseur en hierdie kortfilm het die toekenning vir Beste Kortfilm by kykNET se Silwerskermfees in 2014 verwerf. Bennie pas tans die draaiboek aan vir ’n vollengte film wat in 2017 uitgereik word.

Vir ander rolle moes Bennie leer baskitaar speel asook surf, maar gelukkig moes hy net ’n lekker snor groei vir hierdie rol.

Afgesien van toneelspel, is Bennie ook ’n skrywer en regisseur. In die rolle, is hy betrokke by die nuwe Afrikaanse
‘mokkiementêr’-komedie, Hotel, saam met sy vriend, Stiaan Smith. Hy was ook die medeskrywer van Sterlopers saam met Deon Opperman en Tina Kruger. Benniehet ook as assistent-regisseur op Mooirivier, Born to Win en Beurtkrag gewerk.

Karakter – Karel Grové

Karel is ’n baie liefdevolle optimistiese jong man met ’n gevaarlike snor en sidetjops. Die getroude lewe hanteer hom en sy vrou Marieda de Klerk (Lara Kinnear) baie goed. Hy probeer help om sy swaer, Sampie (Francois Jacobs) en Irma (Simoné Nortmann) bymekaar te bring. Karel se optimisme en huwelik word uitgedaag wanneer hy in ’n groot ongeluk betrokke is tydens sy diensplig op die grens.

Bennie Fourie is een van vier kinders en het in ’n wonderlike en besige huis groot geword waar die kinders mekaar moes vermaak.