Candice Kruger

Marieda de Klerk Jr

Candice Kruger

Candice Kruger is ’n leerder aan Laerskool Randhart in Alberton en is spontaan, lief vir pret, vol selfvertroue en is reeds vanaf vyfjarige ouderdom op die verhoog. Sy het ’n groot hart en is ’n mensemens.

Op skool neem sy deel aan eisteddfods, koor, skaak en vaar baie goed in die akademie. Sy is in 2014 gekeur om deel te neem aan Team SA (SACOPA) vir sang en weer in 2016 vir kitaar, sang en dromme. In 2016, vertolk sy haar eerste rol in die film Vir Die Voëls as Marieda de Klerk Junior.

Karakter – Marieda de Klerk Junior

In die rol van Mariede de Klerk Junior, is Candice die dogter van Willem (Drikus Volschenk) en Dina (Edrien Erasmus). Sy het ’n ouer broer, Sampie (Liam Bosman) en woon langsaan die hoofkarakter Irma Humpel (Leandry Smith). Sy is ook beste vriende met Irma.

Quentin Krog het ’n goeie slag met kinders en weet hoe om met hulle te werk

Candice het eintlik ligte hare, maar moes dit kleur vir die rol van Marieda de Klerk Junior