Edrien Erasmus

Dina de Klerk

Edrien Erasmus

Edrien begin in 2002 opvoerings doen onder die naam E3N. Haar solo-albums sluit in Big-Ben en Huisie Innie Stad.

Edrien se teaterondervinding sluit feeste in, soos die KKNK (Die Gekraakte Engel en die Menslike Hart asook ’n Doring Steek Nie Vanself Nie), Aardklop (Ons Twee Kom ’n Langpad saam met Christa Steyn en Jannie du Toit) en Innibos (Visvrou en Kappiekommando – albei selfgeskrewe kabarette).

In 2008 en 2009 maak sy deel uit van die koorgeselskap van ’n Add-Life produksie, Houtkruis – Die Musical en Ons Vir Jou. In 2010, is sy in 7de Laan en dieselfde jaar slaag sy Graad 8 Rock School en ook Graad 8 Opera. Sy het in 2011 die rol van Ragel in die musiekblyspel Ester vertolk en in 2012 is sy op Binneland te sien as Mevrou Bruwer. Sy vertolk in 2013 die rol van Tokkie Marrais in High Rollers asook Lenie Serfontein in Donkerland. In 2014, was sy deel van verskeie musiekblyspele: Jesus: Die Musiekblyspel, Ouma Elsa in Liefling: Die Musical, Tant Hessie in Droomkind en die finale seisoen van Ons Vir Jou. In 2015, vertolk Edrien die rol van die Goeie Feë in die uiters gewilde pantonieme Aspoestertjie en in 2016 toer sy saam met Daa’ Gaat Die Bruid, waarin sy die lawwe karakter Ursula

Ackerman vertolk. Sy was ook te sien in Fluiters en sal later hierdie jaar verskyn in My Gelukkigste Dag, Vir die Voëls en Kampterrein.

Buiten dit, skryf Edrien haar eie musiek en doen vertonings as haar alterego Contessa. Sy beskryf Contessa as ’n eerlike, openhartige hoopvolle Suid-Afrikaner, ’n stem vir die wat nie kan praat nie.

edrien-2

Karakter – Dina de Klerk

Dina is ’n liefdevolle, saggeaarde vrou en ma. Sy is ’n vrou van inbors met besonderse groot deernis vir mense en veral haar eie kinders.

Sy en Willem is baie lief vir mekaar en die liefde en respek waarmee hulle mekaar hanteer, stel ’n mooi voorbeeld vir Irma. Op die ou end is dit Dina en Willem se verhouding wat Irma laat besef dat ware liefde wel bestaan.

As deel van die dekor is daar wonderlike familieportrette van die akteurs geneem en die geraamde kiekies is in die karakters se huise geplaas.

Edrien Erasmus kon nie haar opgewondenheid oor die outentieke gevoel op die stel beteuel nie.