Elize Cawood

Ouma Martie

Elize Cawood

Elize Cawood het Drama aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en het haar professionele loopbaan in 1974 afgeskop.

In 1979, ná haar aankoms in Johannesburg, het Elize opgetree in verskeie televisiereekse wat gelei het tot ’n rol in Manie van Rensburg se Verspeelde Lente.

Opvoerings soos Schreiner – A One Woman Play en Road to Mecca het vir haar roem besorg en ander hoogtepunte op die verhoog sluit in Chekovs – The Cherry Orchard, Three Sisters, Ibsen se A Doll’s House en ’n Afrikaanse verwerking van Tennessee Williams se A Streetcar Named Desire.

Vanaf Afrikaanse kunstefeeste se ontstaan, het Elize opgetree in solo-vertonings en haar eie kabarette Ek is Hier!, Girly se Konstitusie-Kwellings en Briewe aan ’n Rooidak.

Ander produksies by kuntefeeste sluit in Ons Spore Loop Ver, In Taal GeTaToeër, ’n Mond Vol Vuur en Elize en Laurika Maak Nuus.

Met Art of Charf (Lady Lonely Hearts) het Elize en haar man Wilson Dunster die land deurgetoer. Die paartjie voer nou al byna vyf jaar die Dinner for One op – en het ’n tweede weergawe bygevoeg, naamlik Dinner for One Too.

Film- en televisiehoogtepunte sluit in Verspeelde Lente, Taxi to Soweto, Die Seemeeu, Konings en Torings, Onder Draai die Duiwel Rrond, Andries Plak, Liefling, die Movie en Isidingo.

Meer onlangs was sy op die kassie te sien in Pandjieswinkel Stories en Binnelanders. Sy het die hoofrol in Katinka Heyns se Die Wonderwerker vertolk waarvoor sy in 2012 die toekenning vir Beste Aktrise by die kykNET Silwerskermfees ontvang het. Elize is ook te sien in Vir Altyd en Sy Klink Soos Lente.

Die veelsydige aktrise Elize Cawood is een van die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf se gootste lieflinge

Elize Cawood het self ’n ongelooflike sterk en selfstandige karakter nes Ouma Martie, wat sy vertolk.

#OnthouJyNog

Vandag is dit wêreldwyd bekend as Olay. Maar het jy geweet, die ikoniese Oil of Olay-handelsmerk is meer as sestig jaar gelede ontwikkel in Suid-Afrika deur chemikus en skoonheidspionier Graham Wulff en sy vrou. Like as jy dié botteltjie pienk vogroom – alombekend as ‘beauty fluid’ – kan onthou!

#VirDieVoëls #25November2016

Karakter – Ouma Martie

Ouma Martie is Irma se steunpilaar en is ’n baie sterk vrou wat haar eie besigheid bestuur. Sy is ook Ivan Humpel se ma en keur nie sy swak gedrag goed nie. Soos ’n goeie Afrikanervrou, staan haar hande vir niks verkeerd nie. Haar materiaalwinkel is vanaf kindsbeen ’n veilige hawe vir Irma.

#OnthouJyNog

Wie kan nog motors onthou sonder sitplekgordels? Volkswagen het eers vanaf 1964 in Suid-Afrika, hul pasassiersvoertuie standaard uitgebring met sitplekgordels. Like as jy eers later in jou lewe moes begin sitplekgordels dra

#VirDieVoëls #25November2016