Francois Jacobs

Sampie de Klerk

Francois Jacobs

Francois Jacobs is ’n ywerige, jong akteur wat in 2015 by die kykNET Fiëstas as Beste Toekomstige Kunstenaar genomineer is

Francois het sy BA Dramagraad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en is reeds vanaf kindsbeen betrokke by die vermaaklikheidsbedryf as akteur en was nog altyd passievol oor die uitvoerende kunste.

Alhoewel Francois ’n nuweling in die vermaaklikheidsbedryf is, het hy in die vier jaar nadat hy sy studies voltooi het al verskeie karakters as professionele akteur in plaaslike produksies vertolk, soos Pad Na Jou Hart, Hollywood in my Huis, Agent 2000 en Ek Joke Net 2.

Sy eerste hoofrol was in ’n Engelse film, Land of Milk and Honey. In 2016 is hy te sien in My Father’s War, Nul Is Nie Niks Nie, Chemo Club en Vir Die Voëls.

Hy is ook gereeld op televisie te sien. In Donkerland vertolk hy die rol van Klein Piet en is ook te sien in die uiters gewilde sepies Binnelanders en

7de Laan.

Saam met sy jarelange medewerker, Adriaan van As, bestuur hy JanBom Produksies, die produksiehuis wat verantwoordelik was vir die kykNET Silwerskerm kortfilm, Die Damduikers (2013).

Francois het ook al nou saam met internasionale vervaardigers gewerk in die afgelope jaar. In sy eerste internasionale reeks, Madiba, het hy teenoor Laurence Fishburne gespeel. Hy het ook tweede plek behaal in die eerste internasionale reeks van TOP ACTOR SA.

Hy het al reg oor die land verskyn in teaterproduksies soos People Are Living There onder leiding van André Odendaal, ’n Seder Val in Waterkloof en Frats met regie deur Albert Maritz, Waterpas met Christiaan Olwagen as regisseur en sy eenmanvertoning, Turbo van Thonder.

Karakter – Sampie de Klerk

Sampie is ’n regte stoutgat met soet bedoelings en deursettingsvermoë. Jonk, rats en vol lewe! Hy is ’n leier en vat nie nee vir ’n antwoord nie, maar forseer ook nie sy opinie op ander nie.

Hy is gek oor rugby, sy vriende en familie… maar is dolverlief op Irma vir wie hy die beste man moontlik wil wees, as sy hom maar net wil toelaat. Irma maak dit nie altyd maklik nie, maar Sampie laat nie oor hom loop nie. Sy liefde maak Irma se hart sag en gee haar ’n ander uitkyk op die lewe en mans

#OnthouJyNog lapdoeke?

Dit was nie altyd so maklik soos vandag se weggooidoeke nie en in die Bosveld moes hulle boonop gestryk word teen die steekvlieë. Maar die lapdoek is nog altyd ‘n baie koste­­­doel­­­tref­­fen­de oplossing. Laat weet ons in die kommentaarveld wat jy dink van lapdoeke.

#VirDieVoëls

#25November2016

Heelwat tonele was in Pretville geskiet, maar jy gaan beslis nie die plek herken nadat daarmee getoor is in naproduksie nie.

#OnthouJyNog hierdie liedjie?

Hulle noem haar Liewe Heksie, maar Levinia is haar naam. Sy kan nie eintlik toor nie en sy is ‘n bietjie skaam. Liewe Heksie is ouer as wat jy dalk dink en het reeds in 1961 begin as ‘n radiostorie voor sy in 1978 op die kassie verskyn het. Kyk net hoe kostelik was dié heksie

#VirDieVoëls

#25November2016

Simoné Nortmann en Francois Jacobs deel ’n ongelooflike energie voor die kamera. Hulle het mekaar leer ken as studente

sampie-2

Vir Francois was dit ’n groot voorreg om deel te wees van hierdie projek want dit is nie aldag dat ’n mens die geleentheid kry om jouself in ’n era te bevind waarin jou ouers grootgeword het nie