Liam Bosman

Sampie de Klerk Jr

Liam Bosman

Liam Bosman is ’n intelligente 13-jarige wat die rol van Sampie de Klerk Junior in Vir die Voëls vertolk. Hy wou van kleins af ’n akteur in Hollywood word en wil in Marvel-flieks teenoor Charlize Theron en Selena Gomez speel. Hy is nie ’n groot dromer nie, maar eerder ’n massiewe dromer met interessante stokperdjies (wat hy sal oorweeg as opsies om op terug te val as sy loopbaan in die rolprentbedryf nie uitwerk nie).

Hy het onlangs ’n toestel met ’n elektromagneet gebou wat amper ’n ton kan hys en 800 amps genereer. Verder speel hy dromme, kitaar en kyk video’s op YouTube asof sy lewe daarvan afhang. Op die oomblik hou sy oefenprogram en dieet hom ook lekker besig.

Pizza is sy gunsteling kos, hy byt sy naels, en gaan slaap graag laat of sommer glad nie oor naweke! Sy worshond se naam is Sebastiaan en blykbaar is Liam al ’n hopeless romantic genoem.

Liam Bosman is ’n jong akteur met ’n briljante sin vir humor wat jou soms laat wonder: Is hy regtig net 13 jaar oud?

Alhoewel Liam nie kon vereenselwig met sy karakter nie, het hy nogtans ’n uitstekende Sampie de Klerk Junior vertolk.

sampie-1

Karakter – Sampie de Klerk Junior

Sampie de Klerk Junior was vir Liam ’n moeilike rol om te vertolk omdat Sampie ’n bietjie van ’n boelie is. Sampie is as jong seun nie vreeslik ingenome met sy sussie se beste maatjie Irma nie, maar mettertyd leer hy om haar te verdra en is selfs ’n bietjie hartseer as sy en haar gesin verhuis