Nicola Hanekom

Alta Humpel

Nicola Hanekom

Nicola het haar diploma in Drama aan die Universiteit Kaapstad ontvang met akademiese lof en werk vir die afgelope 18 jaar as ’n vryskut-aktrise.

Sy het ’n Vita-toekenning ontvang vir beste ondersteunende aktrise in Ek, Anna Van Wyk en in 2006 is sy vir ’n Fleur du Cap-toekenning genomineer as beste aktrise vir haar vertolking van Ingrid Jonker in Altyd Jonker. Op die kassie was Nicola al te sien in onder andere Plek van die Vleisvreters, Transito, Vloeksteen en die bekroonde internasionale reeks Human Cargo. Sy is ook nie ’n vreemdeling op die silwerdoek nie en het verskyn in Dis ek, Anna, Faan se Trein, Hollywood in My Huis asook Taste of Rain.

Vir haar verhoogtekste Hol en Trippie, gepubliseer as Die Pad Byster, verower

sy die Eugène Marais-prys. Sy wen ook ’n Fleur du Cap- toekenning en ’n Standard Bank Golden Ovation-toekenning vir haar spel in Hol. As skrywer en regisseur sluit haar werk ’n reeks plekspesifieke produksies in onder meer Betésda, Lot, Babbel, Trippie en Land van Skedels. Vir hierdie werke en haar mees onlangse toneelstuk, In Glas het sy 11 Kanna-toekennings ontvang, 11 Fiësta-toekennings, twee ATKV-toekennings en die Aartvark-toekenning. Nicola ag haarself gelukkig dat sy haar passie vir die teater kan uitleef en is getroud met die akteur en vervaardiger, Grant Swanby.

alta-3

Karakter – Alta Humpel

Sy is een van daardie sterk vroue wat kan bly staan al word sy geboelie, omdat sy glo dat familie en liefde sal seëvier. Sy is ’n vrou vol vergifnis en ’n vrou met ’n groot hart wat op die oog af as iemand wat swak is misgis kan word

Nicola Hanekom moes ook haar hare kleur vir die rol van Alta Humpel en bewys weer eens in Vir die Voëls dat sy ’n formidabele aktrise is.

alta-1