Benjamin Willem

Filmmusiek-Komponis

Benjamin Willem is ‘n hoogs ervare filmmusiek-komponis wat al musiek saamgestel het vir meer as 20 vollengtefilms en meer as 40 internasionale dokumentêre vir National Geographic, Discovery en baie ander kliënte, asook baie televisiereekse en advertensies. Oor die jare het hy baie nominasies vir sy werk ontvang.

In 2015 het hy die silwer medalje by die New York Best of the World Film and Television Festival for Original Music gewen.

Hy het ook pryse gewen vir ‘Beste Rolprent’ en’ Oorspronklik Musiek’ vir ‘n dokumentêr by die Wawela-musiek toekennings in 2015 en 2016 onderskeidelik.

Benjamin het sy graad in BMus Komposisie aan Wits voltooi en het dit later opgevolg met ‘n ‘pilot’ meestersgraad by AFDA.