Bennie Fourie

Draaiboek & Vervaardiger

Bennie het aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom studeer waar hy ’n graad verwerf in BCom Regte, Nagraadse Bestuur en ook sy Nagraadse Onderwys Sertifikaat voltooi. Hy leer in sy spaartyd skryf en raak vir ses jaar betrokke by Lagnes improvisasie komedie.

Na twee jaar in Korea, begin hy by Kaapland Films te werk aan die rolprente ‘Born to Win’ en ‘Mooirivier’, waarin hy speel en ook assistent-regisseur is. Op die stel van ‘Mooirivier’ besluit hy en Bouwer Bosch om in te skryf vir die kykNET Silwerskermfees en in 2014 wen hulle ‘Beste Kort Film’ vir hul donker komedie ‘Vuil Wasgoed’, waarin Bennie ’n rol vertolk en ook die skrywer, mede-vervaardiger en regisseur was.

Bennie het ook gespeel in die films ‘Die Pro’, ‘Sy Klink Soos Lente’ en ‘Vir die Voëls’ en vertolk die hoofrol in kykNET se ‘Phil101’. Hy het die kykNET-reeks ‘Sterlopers’ saam Deon Opperman geskryf en daarna die reeks ‘Hotel’ saam met Stiaan Smith. Hulle het ook die regie behartig vir hierdie reeks wat genomineer was vir ATKV-mediaveertjies en SAFTAs in die kategorieë vir ‘Beste Regie’, ‘Beste Draaiboek’ en ‘Beste Komedie’. ‘Hotel’ word met ’n SAFTA bekroon vir ‘Beste Draaiboek’.

Bennie vertolk een van die hoofrolle in ‘Vuil Wasgoed’ en is ook skrywer en mede-vervaardiger.