Bouwer Bosch

Vervaardiger

Bouwer is ’n baie bekende figuur in Suid-Afrika. Hy is bekend as die hoofsanger van die SAMA-genomineerde groep ‘Straatligkinders‘ en is ook ’n lid van die trefferduet ‘Dans Dans Lisa’, met Deon Meiring van ‘Glaskas’. Verder beskryf Bouwer homself as ’n ‘cyber space fundie’, entrepreneur, sukkelende akteur en innoveerder. Bouwer is deel van ’n produksiemaatskappy wat musiekvideo’s vervaardig.

Hy is in Pretoria gebore en het in Potchefstroom skoolgegaan en het in 2002 aan Potcehfstroom Gimnasium gematrikuleer. Bouwer het sy BA Kommunikasie-graad in 2009 by die Noordwes-Universiteit voltooi. Op universiteit het hy die orkes Straatligkinders’ gestig en hulle het hul eerste album in 2006 vrygestel. Sy produksiemaatskappy ‘Amateur Films’ vaar baie goed en Bouwer is daarop gefokus om die heelal te oorwin met al sy ondernemings en artistieke vaardighede.