Charlie Bouguenon

Joe Gotty

Charlie se loopbaan het in teater- en musiekblyspel begin. Oor die afgelope 15 jaar het hy op verhoë in 10 lande oor vier kontinente opgetree.

Hy het drama op Tukkies geswot, het sertifikate in spesiale vuurwapen-hantering en verhooggevegte verwerf asook ‘n lisensiaat in musikale teater deur London Trinity College.

In 2009 het Charlie sy aandag op die silwerskerm en die kassie gevestig met sy filmdebuut in ‘Ordinary People’. Verskynings op ‘Binnelanders Sub Judice’, ‘Egoli’ en ‘7de Laan’ volg met sy eerste internasionale reeks, ‘Strike Back’.

Een van Charlie se talente is om ‘ngroot verskeidenheid karakters te vertolk, insluitend rolle in ‘Swartwater’, ‘Getroud met Rugby’, ‘Sterlopers’, ‘Bloedbroers’, ‘Koringberg’, ‘Amandla’, ‘Kampterrein’ en ‘Erfsondes – Die Nuwe Generasie’.

Ander opwindende internasionale projekte sluit in ‘Homeland’ en ‘Transformers – The Last Knight’.

Hy is tans in produksie met ‘Scandal’ as Timothy.