Eduan Kitching

Kinematograaf

Eduan se oog vir treffende komposisie en passie vir die kreatiewe gebruik van lig is van sy sterkste kenmerke as kinematograaf.

In 2015 voltooi hy sy eerste vollengte film as kinematograaf, ‘Die Pro’ (regisseur, André Velts). Die film staan uit as een van die min ‘surf’-films wat vervaardig is vir die grootskerm in Suid-Afrika. Hierdie tegnies uitdagende film bied Eduan die geleentheid om sy merk in die plaaslike filmindustrie te maak.

Gedurende 2016 voltooi hy drie vollengte films as kinematograaf, naamlik ‘Jonathan’ (regisseur, Sallas de Jager), ‘Nul is nie niks nie’ (regisseur, Morné du Toit) en ‘Liewe Kersfeesvader’ (regisseur, Etienne Fourie).

Aan die begin van 2017 voltooi hy die vollengte film ‘Vuil Wasgoed’ (regisseur, Morné du Toit).

Eduan se naproduksie-kennis stel hom in staat om die kleurversorging vir dievolgende films te hanteer: ‘Free State’, ‘Die Pro’, ‘Jonathan’, ‘Nul is nie niks nie’, ‘Liewe Kersfeesvader’ en ‘Vuil Wasgoed’.