Leandie Du Randt Bosch

Alecia

Leandie het haar graad in BCom Bedryfsielkunde cum laude by die Universiteit van Johannesburg in 2009 verwerf. Sy het daarna haar Honneursgraad in Bedryfsielkunde in 2010 behaal en vanaf 2012 is sy ‘n geregistreerde psigometris.

Sy is bekend vir haar vertolking as Ivanka Gouws in die kykNET sepie ‘Binnelanders’ en ook as Mieke in die reeks ‘Getroud met Rugby’ en as Lea in die drama ‘Vlug na Egipte’ en ‘Terug na Egipte’.

Leandie kan ook gesien word in verskeie Afrikaanse flieks soos ‘Semi-Soet’, ‘Klein Karoo’, ‘Die Windpomp’, ‘Mooirivier’, ‘Strikdas’, ‘Hollywood In my Huis’ en Deon Meyer se aksiefliek ‘Jagveld’.

Leandie is in 2014 die naaswenner in die realiteitsprogram ‘Strictly Come Dancing’ (seisoen 7) saam met haar dansmetgesel Brandon Eilers le Riche.

Sy het ook haar eerste selfhelpboek in 2014 gepubliseer en dit het meer as 11 000 kopieë verkoop.