Maritsa Maritz

Grimeerkunstenaar

Maritsa het in 2003 haar Uitvoerende Kunste Diploma in Grimering en Rekwisiete by TUT verwerf. Daarna het sy voltyds in die televisieindustrie begin werk.

Sy het as ‘n grimeerassistent by ‘Isidingo’ begin en is opgeraap deur Red Pepper Pictures waar sy vir sewe jaar aangestel was as hulle voltydse hoof-grimeerkunstenaar. Maritsa het op die programme ‘Powerball’, ‘Club 808’, ‘Craz-e’, ‘Jam Alley’, ‘Lip Sync Battle Africa’, en vele meer gewerk.

Oor die afgelope ses jaar het sy by verskeie produksiemaatskappye, onder andere Quizzical Pictures, Bonggoe TV, Rapid Blue, Fig Jam Entertainment, M-TV, Urban Brew Studios, Global Access en Insense Films, gewerk.