Merishen Wessels

Produksie Ontwerper

Merishen het na haar matriekjaar in 2004 volstoom met haar studies in Juweel Ontwerp by TUT in Pretoria begin. Na haar diplomajaar het sy van plan verander en het die geleentheid gekry om ’n internskap as produksieassistent by Hartiwood Films te doen.

Sy het ook deeltyds klas gedraf by Open Window waar sy 3D Animasie studeer het. Merishen het ‘n paar kort animasies en DVD’s gemaak, maar het besef sy stel meer belang in die stel en rekwisiete.

Haar eerste vollengte film was ‘Liefling’ in 2010 as produksieassistent.

Tydens die bou van die stel vir die film ‘Pretville’ in 2012 het sy as kunsdepartement-koördineerder en rekwesietemeester gewerk. Sedertdien werk sy aan verskeie Afrikaanse films, TV-reekse, advertensies, dokumentêre films en musiekvideo’s as stelinkleder en rekwesietemeester.

In 2015 behartig sy die produksieontwerp vir die TV-reeks ‘Getroud met Rugby’ asook die rolprent ‘Modder en Bloed’ en werk sy as stelinkleder op ‘Vaselinetjie’.