Quinn Lubbe

Redigeerder

Quinn het Motion Picture Production by TUT studeer. Tydens sy Honneursgraad in 2010 het hy vir vyf jaar deel geword van The Film Factory se navervaardigingspan (FiX Post Production) en was betrokke by talle televisie, flieks, kommersiële en korporatiewe projekte.

Sy ervaring by The Film Factory en FiX Post Production stel hom in staat om die belangrikheid van die artistieke interpretasie van goeie idees asook die uitvoering van ’n perfekte produksie- en naproduksieproses daar te stel.

In 2014 het Quinn 5:25 Productions gestig, ‘n maatskappy wat spesialiseer in videoproduksie en naproduksie.

Van die projekte waaraan hy gewerk het, sluit in ‘Society II’, ‘Wolwedans in die Skemer’, ‘Bakgat! 3’, ‘Hear Me Move’, ‘Leading Lady’, ‘Free State’, ‘’n Paw Paw vir my Darling’, ‘Ballade vir ’n Enkeling’, ‘Sy Klink Soos Lente’, ‘Modder en Bloed’, ‘Jonathan’ en ‘Jou Romeo’.

Quinn is ’n geakkrediteerde lid van die South African Guild of Editors.