Simoné Nortmann

Nikki

Simoné Nortmann is ‘n klassiek opgeleide, Suid-Afrikaans bekroonde aktrise wat in Johannesburg woon. Sy het in 2012 aan die Universiteit Stellenbosch gegradueer met ‘n BDrama-graad in Teaterstudie, met haar hoofvak in Rolspel en Kabaret. Sedertdien werk sy in TV, film en teater.

Simoné het haar debuutrol in die gewilde seep, ‘7de Laan’, as Nadia Croukamp in 2013 losgeslaan. Sy het die ‘Beste Nuweling-toekenning’ by die Royalty Soapie Awards in 2014 ontvang. Ander TV krediete sluit in kykNET se ‘Hotel’.

Voordat sy haar plaaslike rolprentdebuut gemaak het, het Simoné in September 2015 ‘n werkswinkel in Hollywood bygewoon waar sy Shakespeare- en stemopleiding ontvang het by die film- en teaterlegende, Diane Venora.

Simoné vertolk in 2016 die vroulike hoofrol in die krities bekroonde lokettreffer ‘Vir die Voëls’ onder leiding van Quentin Krog.

Haar mees onlangse teaterkrediete sluit in ‘The Sound of Music’ (2012), ‘The Big Bad Musical’ (2016) en ‘Die Paartie’ waarvan sy die mede-skrywer was (2017).