Stiaan Smith

Jackie Jazz

Na sy opleiding by AFDA (Johannesburg) verwerf Stiaan ’n BCom (Finansies) graad by die Universiteit van Johannesburg. In die jare wat volg skryf Stiaan verskeie eenbedryftonele, met vertonings by kunstefeeste soos Innibos en Aardklop. Sy eerste verhoogkomedie, ‘Couchmate’, het by Innibos die toekenning vir Beste Debuutproduksie verwerf.

Hy het al in verskeie rolprente verskyn, insluitend die sielkundige riller, ‘Sleeper’s Wake’, die lokettreffer, ‘Vir Altyd’, en die hoofrol in ‘Sy Klink Soos Lente’, wat ook sy vollengte film draaiboek debuut is. In 2012 het hy die hoofrol vertolk in die kortfilm ‘Preparation’, wat verskeie toekennings verwerf het by feeste, insluitend ‘Beste Kort Film’ by die plaaslike Shnit Festival, en ‘Beste Akteur’ by die Hyperdrive Festival in Londen.

Stiaan se mees onlangse werk op die verhoog sluit in ‘n vertolking in die Strindberg toneel, ‘Skuldeisers’, saam met Anna-Mart van der Merwe en onder leiding van Ilse van Hemert. Die kort film ‘Beurtkrag’ (teks en spel) het die toekenning vir ‘Beste Teks’ verwerf by die 2015 Silwerskermfees.

Sy werk op die kykNET-reeks reeks, ‘Hotel’, het gesorg vir ‘n SAFTA-nominasies in teks en regie.