Leandry Smith
Irma Humpel Jr
Leandry Smith

Leandry Smith is ’n Graad 4-leerling by Laerskool Anton van Wouw in Pretoria wat reeds op negejarige ouderdom met verskeie ambassadeurstoekennings deur die NEA toegeken is
Sy is ’n vriendelike dogter met ’n uitsonderlike sin vir humor en hou van lekker lag – veral vir haarself – en is geweldig lief vir diere.
Leandry deel ’n hegte band met haar perd, CCS Captain Jack Sparrow, en sy het hierdie jaar haar Noord-Gauteng kleure in perdry verwerf.
Sy blink al van kleintyd uit in sang en drama en in 2012, op vyfjarige ouderdom, het sy die Nasionale Eistedfodd vir Graad RR tot Graad 5 op nasionale vlak vir die verhalende prosastuk Katja gewen
In 2014, het sy ook die Suid-Afrikaanse Laerskole Drama Toekenning by die South African Talent Competition gewen. Leandry en het ook in 2015 tot die finale rondtes van die ATKV redenaars gevorder.
Sy vertolk in 2016 die rol van Penny in Willie Esterhuyse se film Droomdag en is binnekort te sien as Irma Junior in Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir Die Voëls.
#OnthouJyNog dié telefone??
As jy ‘n nommer wou skakel, moes jy jou vinger in die eerste syfer van die nommer se gaatjie druk en dan van daar af dit draai tot jou vinger teen ‘n metaalrandjie kap – dan laat los jy dat hy na sy oorpronklike posisie terugskuif met ‘n kenmerklike gruisgeluid. Dit was voor fone “slim” geraak het.
#VirDieVoëls #25November2016
Dit was bitter koud gedurende die skiettydperk van Vir die Voëls en Leandry moes boonop kaalvoet in baie van die tonele wees.

Leandry was baie dankbaar dat sy haar eksamens op ander dae kon skryf as wat die skool dit geskeduleer het.

Karakter – Irma Humpel Junior
Daar is baie ooreenkomste tussen Leandry en Irma Junior en daarom was dit maklik vir Leandry om haar in te leef. “Ek het baie lief geraak vir Irma Junior se karakter en was nogal hartseer toe ons klaargemaak het met die film. Ek dink ek sal altyd ’n sagte plekkie in my hart vir haar hê.”


