Oor Ons
OOR THE FILM FACTORY
Die Film Factory is een van die mees bekroonde produksiehuise in Suid-Afrika en ontwikkel, befonds en vervaardig al sedert 2004 speelfilms in ’n diens-, koproduksie- en produksiekapasiteit.
Sentraal geleë in Johannesburg verrig The Film Factory baanbrekerswerk onder die ervare leierskap van vervaardigers Danie Bester en Dries Scholtz wie konstant skaaf aan hulle vaardighede om The Film Factory te onderskei as ’n middelpunt van innovasie en uitnemendheid.
Danie Bester is die vervaardiger van meer as vyf-en-twintig Suid-Afrikaanse speelfilms, insluitend Vir die Voëls, Stroomop, Vir Altyd, Ballade vir ’n Enkel-ing, Pad na jou Hart, Hoofmeisie, Bakgat en Fiela se Kind.
Vir Altyd is tot op hede die Afrikaanse speelfilm wat die meeste verdien het by die Suid-Afrikaanse loket en is deur The Film Factory vervaardig. Die maatskappy het ook Ouma se Slim Kind vervaardig, Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 2008 buitelandse kategorie van die Academy Awards.
Dries Scholtz, ’n vennoot vanaf 2012, is die medevervaardiger van Ek Joke Net, Ek Joke Net 2, Agent 2000 en Jou Romeo met Danie. Dries is ook die vervaardiger van die veelbekroonde Meerkat Maantuig en die hoogs ver-wagte Toorbos saam met die Suid-Afrikaanse vervaardigingslegende, André Scholtz.
The Film Factory is ’n sosiaal verantwoordelike en nie-diskriminerende maatskappy wat jong talent ontwikkel en daarna streef om die Suid-Afrikaanse film-industrie op te hef.
Deur betekenisvol by te dra tot die kultuur en nasiebou van die land deur hoogs vermaaklike stories met universele aanklank te vertel, bied The Film Factory ware beleggingsgeleenthede vir beleggers asook handels-naamblootstelling vir vennote.