Produksie Huise: The Film Factory, Red Letter Day Pictures
Skrywers: Corné van Rooyen, René van Rooyen
Regisseur: Corné van Rooyen
Vervaardigers: Danie Bester, Saskia Schiel
Speeltyd: 101 Minute
Ouderdomsbeperking: 13 LPV
Rolverdeling: Marguerite van Eeden, Nicole Bond, Shaleen Surtie-Richards, Royston Stoffels, Arno Greeff, Elzet Nel, Elani Dekker, Marise Nel, Anchen du Plessis, Daniah de Villiers
Vaselinetjie
Vaselinetjie vertel die verhaal van Helena ‘Vaselinetjie’ Bosman, ’n wit dogtertjie, wat deur haar liefdevolle bruin grootouers op ’n afgeleë plattlendse dorpie in die Noord-Kaap in Suid-Afrika grootgemaak word. Wanneer die welsyn egter uitvind dat Vaselinetjie nie die egpaar se biologiese kleinkind is nie, gryp hulle in en besluit om Vaselinetjie na ’n staatsweeshuis in die verre Johannesburg te stuur. Die lewe in Johannesburg weerspieël hoegenaamd nie haar vorige bestaan nie en is in skrille kontras daarmee. Vir die eerste keer word Vaselinetjie gekonfronteer met die lewe se wrede werklikhede, asook ongeliefde kinders, die rook van sigaretstompies, om vriende te maak en om in te pas. In ’n wêreld waar niemand vir mekaar omgee nie, leer sy ook om nie om te gee nie. Dit is eers wanneer sy verlief raak op die rebelse weeshuisseun, Texan Kirby, dat sy geforseer word om die ware werklikheid van haar ingewikkelde verlede te konfronteer. Vaselinetjie is ’n storie oor die definiëring van die betekenis en oorsrpong van ’n mens se identiteit en ras in die warboel van post-Apartheid Suid-Afrika.