Produksiehuise: The Film Factory
Skrywers: Roman deur Dalene Matthee en Draaiboek deur Brett Michael Innes
Regisseur: Brett Michael Innes
Vervaardigers: Danie Bester en Brett Michael Innes
Speeltyd: 120 Minute
Ouderdomsbeperking: TBC
Rolverdeling: Zenobia Kloppers, Luca Bornman, Wayne Smith, Wayne van Rooyen, Cindy Swanepoel, Drikus Volschenk en Melissa Willering
Fiela se Kind
Suidelike Afrika, 1865. Wanneer Fiela, ’n hardwerkende bruin vrou ’n driejarige wit seuntie op haar voorstoep ontdek, het haar besluit om hom in te neem langdurige gevolge vir haar en die kind. Na ’n dekade in Fiela se sorg, word Benjamin raakgesien deur regeringsowerhede en word hy weggeneem van haar, en terugbesorg aan die wit familie van houtkappers waarvandaan hulle glo hy kom. Verwyder deur die gereg en afstand, spandeer Fiela en Benjamin die volgende dekade om mekaar op te spoor terwyl hulle terselfdertyd vrede maak met hulle individuele identiteite. Fiela het ’n seun verloor en verval geleidelik in depressie, ’n gemoedstoestand wat verder vererger word deur die mishandeling wat sy ondervind aan die hand van die gereg en Benjamin se nuwe pa terwyl sy hom probeer opspoor. Benjamin, aan die ander kant, word gewerp in ’n verarmde omgewing waarin hy mishandel word, een waarin hy geforseer word om ’n nuwe identiteit aan te neew terwyl hy sy eie onderdruk.