
Produksiehuise: The Film Factory & 17 Films
Skrywers: Ivan Botha, Donnalee Roberts & Sean Robert Daniels
Regisseur: Ivan Botha
Vervaardigers: Danie Bester, Ivan Botha & Donnalee Roberts
Speeltyd: 102 Minute
Ouderdomsbeperking: 10-12PG L V
Rolverdeling: Donnalee Roberts; Simoné Nortmann; Chanelle de Jager; Ilse Klink; Carla Classen; Armand Aucamp
Stroomop
In Stroomop ontmoet ons vyf unike vroue wat almal besig is om in hulle eie realiteite te verdrink. In ń desperate poging om genesing te vind bevind die vroue hulleself op die Oranjerivier op voorgeskrewe avontuurterapie deur ń selfhelpgroep. Tydens die avontuur lei wrywing tussen die vroue, wat elkeen met hul eie verskuilde en selfsugtige redes op die reis gekom het, tot ‘n ongeluk. In ‘n spanningsvolle oomblik word die gids en die vroue van die roeiboot afgegooi en rondgemaal in die stroom. Die gids spoel weg en die vroue word aan hulself oorgelaat om te oorleef in die genadelose wildernis.