
Produksie Huis: The Film Factory
Skrywer: Samuel Ferreira
Regisseur: Morné Du Toit
Vervaardiger: Danie Bester
Speeltyd: 97 minute
Ouderdomsbeperking: PGV
Rolverdeling: Mish’a el de Beer, Ruan Wessels, Annemicke Kotzé, Melissa Massyn, Jamie Lawrence, Christel van den Bergh, Karen Fourie, Nazli George, Izak Davel
Hoofmeisie
Nadia van Heerden(Mish’a el De Beer) is ‘n liefdevolle en gemotiveerde twaalfjarige weeskind wat die droom koester om hoofmeisie van haar skool te word. Ongeag haar siniese ouma se advies om nie eers te probeer kompeteer nie, gaan sy voluit vir die gesogte titel. Sy behaal gou sukses wanneer sy redenaars wen, maar mislukking met netbal proewe, entrepeneurs dag en akademie is net die begin van haar probleme. Wanneer sy oortuig is dat haar beste vriendin, Melissa (Annemicke Kotze), haar in die rug gesteek het, rebelleer Nadia teen almal wie vir haar omgee. Gou word sy ‘n selfgesentreerde snip wat enige iets sal doen vir die titel van Hoofmeisie.