Ons het hierdie week in die kantoor bietjie debatteer oor ons gunsteling rolprente. Maar dit bly moeilik om slegs een te kies wat uitstaan.
Jy kan dalk ‘n gunsteling komedie hê en ‘n gunsteling animasie, maar dit blyk onmoontlik om slegs een fliek te kies wat uitstaan.
So ek het gevra dat ons span elkeen vir my vyf van hulle top flieks van alle tye lys, en hier is die resultate:
Danie Bester
vervaardiger
The Big Blue
Regisseur Luc Basson is bekend vir sy verbeeldingryke visuele tegnieke en asemrowende aksie-tonele. Hierdie rolprent se pragtige onderwater-fotografie en ongelooflike landskappe, is wat die fliek laat uitstaan. Maar die emosionele intensiteit van die algehele ondervinding en die mistieke temas van die storie is wat dit gevolgelik ‘n kultiese meesterstuk gemaak het.
Blade Runner
Maricia Pieterse
produksiebestuurder
Trainspotting
Heroïenverslaafde Mark Renton (Ewan McGregor), struikel deur slegte idees saam met sy onbetroubare vriende, terwyl hy poog om nugter te bly. Nadat hy sy lewe reggeruk het en weggetrek het, besef Mark dat hy nie sy van verlede kan weghardloop nie.
Vir die Voëls
Rocky Horror Picture Show
Mulan

Fight Club
Hierdie rolprent het my passie inspireer om ‘n bydrae te maak tot die vermaaklikheidsbedryf. Ek is versot op Chuck Palahniuk se skryfstyl en vir die eerste keer was ek bly om te sien dat ‘n film eg bly aan die roman.
Dehan Janse van Rensburg
fotograaf | videograaf | redigeerder
American Beauty
Lester Burnham (Kevin Spacey) is ‘n winsgewende werkende man en pa. Moeg vir sy vervelige, gestagneerde bestaan, bedank hy en besluit om homself te herontwerp as ‘n dagga-rokende, verantwoordelikheid-ontduikende tiener. Wat volg is gelyktydig sinies, histeries en uiteindelik tragies opbouend.
Pulp Fiction
Fight Club
Vir die Voëls

Star Wars
Die oorspronklike trilogie is ‘n lekker-kyk reeks as gevolg van die eienaardige benadering. Die idee van monnike in die buiteruim met hulle vreemde geloof. Dis ‘n klassieke storie van goed teen sleg wat in die werklike lewe van toepassing kan wees. Ek het al baie gedink wat sal Yoda doen?
Mary-Ann Brink
bemarkingsbestuurder
My Sister’s Keeper
Gebore as ‘n murg-skenker vir haar dodelike-siek sister, het Anna Fitzgerald (Abigail Breslin) al verskeie operasies en mediese prosedures ondergaan in haar kort leeftyd. Alhoewel hul ouer dogter se lewe ongetweifeld al verleng is, het hierdie onortodokse besluit deur Anna se ouers hulle familie se fondasie gekraak. Wanneer Anna haar ouers dagvaar vir bevryding, veroorsak dit ‘n hofsaak wat dreig om hulle hele familie finaal uitmekaar te skeer.
Dancer in the Dark
When a Man loves a woman
Faan se Trein

Dirty Dancing
Dit is ‘n briljante liefdesverhaal waar die buiteperd geluk vind. In daardie tyd was diè tipe danse kontroversieel. Met die in gedagte, veroorsaak dit dat die toneel waar hulle liefde maak, vir my so grypend is. My gunsteling lyn in die film bly: “No one puts Baby in a corner”. As die liedjies van hierdie rolprent speel, gaan ek steeds mal, sit die volume op kliphard en sing uit volle bors saam.
Simone Landey
koördineerder
Vir die Voëls
Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n onafhanklike korrelkop-rabbedoe, bevind haarself voor die kansel met Sampie de Klerk (Francois Jacobs), ’n besonderse sjarmante rugbyspeler met ’n hart van goud en sagte hande, aan haar sy. Hoe het sy hier beland? Is sy gereed vir hierdie tipe toewyding? Dalk…maar met ’n voorwaarde of twee.
Empire Records
Perks of Being a Wallflower
Donnie Darko

American Beauty
Hierdie fliek beklemtoon die wit-plakkaatheining, voorstedelike droom fasade. Almal speel huis-huis en kruip weg agter perfek gesnoeide tuine en goed-geoefende glimlagte, maar agter geslote deure stoei almal met hul eie demone en begeertes. Dit veroorsaak dat jy die menslikheid, liggaamstaal, en sosiale optredes en -verwagtinge bevraagteken. Die rolprent laat jou met die vraag: bepaal die samelewing se idee van ‘n perfekte lewe jou geluk?
Larèt van Niekerk
digitale bemarkingsbestuurder
AMERICAN SNIPER
Gebaseer op die ware verhaal van V.S. Navy SEAL Chris Kyle (Bradley Cooper) wat sy hoof doel – om sy familie te beskerm – ter harte neem en een van die mees dodelike skerpskutters in Amerikaanse geskiedenis word. Sy ongelooflike akkuraatheid red nie net talle lewens nie, maar veroorsaak dat hy wel die hoofteiken word van die vyand. Ten spyte van die gevaar van die oorlog en die stryd om ‘n goeie man vir sy vrou en pa vir sy kinders te wees, dien Kyle vier toere af in Irak. Wanneer hy wel finaal huis to keer, vind hy dat hy nie die oorlog so maklik agter kan laat nie.
Gone girl
We Need To Talk About Kevin
KILLERS

PAD NA JOU HART
Dit het my hele lewe verander. Ivan Botha en Donnalee Roberts se magnetiese spel het my aandag vir amper twee ure op die skerm vasgenael. Ek het as ’n nuwe mens uit die teater uitgestap. Dit het my geïnspireer om my droom te verwerklik en om ’n bydrae tot die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf te maak.
Susan Schutte
[skuilnaam]
produksiebestuurder
The Nice Guys
Holland March (Ryan Gosling) is ‘n privaat speurder in 1977 Los Angeles. Jackson Healy (Russell Crowe) is ‘n gehuurde afdwinger wat mense seer maak vir ‘n lewe. Hulle word die onwaarskynlikste vennote na ‘n jong dame misterieus verdwyn. Hulle ondersoek neem hulle na donker plekke en almal wat betrokke raak sterf.
Florence Foster Jenkins
American Ultra
Vir die Voëls

The Best Offer
Dit is ‘n kunstige film met ‘n fenomenale hoofkarakter, gespeek deur Geoffrey Rush. Hierdie fliek se pragtige kinematografie en puik produksie ontwerp het my aandag dadelik getrek. Ek is gefassineer deur die kreatiewe span wat elke skoot van hierdie fliek ontwerp het om sodoende ‘n foutlose visuele prentjie te skep.
Kom gesels saam deur kommentaar te los en oortuig ons hoekom ons jou top vyf rolprente moet kyk …