Produksiehuise: The Film Factory & Bouwer Bosch Films
Skrywers: Quentin Krog & Frannie van der Walt
Regisseur: Quentin Krog
Vervaardigers: Danie Bester, Leandie du Randt Bosch & Bouwer Bosch
Speeltyd: 96 Mintue
Ouderdomsbeperking: 16DLV
Rolverdeling: Leandie du Randt Bosch, Bouwer Bosch, Brendon Daniels, Zak Hendrikz, Dorette Potgieter, Deon Coetzee, Charlie Bouguenon, Carine Rouse, Ivan Zimmerman, Chanelle de Jager, Sherman Pharo
Thys & Trix
Thys en Trix is broer en suster en ook ywerige maar onbeholpe polisiemanne. Hulle onderlangse twis veroorsaak dat hulle geskors word nadat hulle die polisiediens wéér in die verleentheid stel. Speurder Solomons ondersoek die bedrywighede van ’n misdaad-sindikaat in ’n eksklusiewe gholflandgoed buite Mosselbaai. Vanweë hulle ‘vanilla-voorkoms’ word Thys en Trix vir die eerste keer uitgesonder as die bekwaamste span om ’n ondersoek te lei, of eerder te laat ly, maar die feit dat hulle moet voorgee om ’n getroude paartjie te wees om die ondersoek geloofwaardig te maak, bemoeilik die situasie. Solomons sal hulle vergesel, maar is glad nie ingenome met die feit dat hy die butler gaan wees nie. Is enige van Thys en Trix se nuwe bure moontlik betrokke by die vervaardiging en verspreiding van MTHC, ’n verlammende hallusineringsmiddel?