
Produksie Huis: The Film Factory
Skrywers: Stefan Nieuwoudt, Danie Bester, Lelia Bester, Hydie Loots
Regisseur: Stefan Nieuwoudt
Vervaardigers: Danie Bester, Dries Scholtz
Speeltyd: 97 minute
Ouderdomsbeperking: 7-9PGV
Rolverdeling: Paul Loots, Ruan Wessels, Izél Bezuidenhout, Janic Botha, David James, Karen Wessels, Amalia Uys
Agent 2000: Die Laksman
Agent 2000, oftewel Wwwalter du Toit, het nie baie tyd oor om sy missie te voltooi nie… Hy moet gou speel as hy Hoërskool Randburg se berugte boelie, Die Laksman, voor die einde van die ontgroeningstydperk wil vang. As Walter daarin slaag om die gemaskerde vabond vas te trek, kan hy sy vermomming in die kas bêre, vaarwel roep aan die publieke skool en sy lewe as 14-jarige, tuisonderrigte speurder voortsit.