fbpx

Derde fliek oppad vir Vir Altyd sukses-span!

Krag-paartjie, Ivan Botha en Donnalee Roberts, van die suksesvolle rolprente Pad na jou Hart en Vir Altyd het met ons gesels oor hul nuwe projek Stroomop en ons het hulle óók ‘n bietjie beter leer ken.

Stroomop, die nuutste projek van 17 Films en The Film Factory, sal op Vrouedag 9 Augustus 2018 landswyd vrygestel word.

Die blou-oog blond, Ivan Botha, verruil sy rol voor die kamera en maak sy debuut as regisseur.

“Soms moet ons met die stroom van die lewe vloei en soms moet ons stroomop roei om by ons lewensdoel uit te kom, dit is presies wat vir ons as ‘n span voorlê met hierdie avontuur. Wat ‘n voorreg om aan stuur van STROOMOP te kan wees, of sal ek sê die gids te wees. Ek sien uit om elke een van die karakters te ontmoet en om geduldig en met soveel respek hulle stories te help vertel” – Ivan Botha

Die beeldskone Donnalee Roberts sal die hoofrol vertolk in Stroomop saam vier ander dames, wat almal in hul eie lewens besig is om te sukkel om kop-bo-water te bly.

“Hierdie vroue se stories móét vertel word! Stroomop gaan tot en met hede nog ons uitdagendste projek ooit wees, ek is eerlik as ek sê dit laat my maag draai en my hart vinniger klop, maar ek is reg vir hierdie uitdaging, reg om dit vierkantig in die oë te kyk, my roeispane te gryp en die diep, donker, rowwe waters emosioneel en fisies aan te pak” – Donnalee Roberts

Stroomop word op 9 Augustus 2018 landswyd deur Ster-Kinekor-, Nu-Metro- en onafhanklike teaters uitgereik en word in Februarie en Maart van 2018 in Johannesburg en Onseepkans, in die Noord-Kaap, verfilm.

Ons is baie opgewonde om hierdie nuwe avontuur aan te pak saam met die wonderlike 17 Films-span.

Volg Stroomop op alle platforms en sien eerste eksklusiewe inhoud: