Pad Na Jou Hart

Produksie Huis: The Film Factory

Skrywers: Ivan Botha, Donnalee Roberts

Regisseur: Jaco Smit

Vervaardigers: Danie Bester, Donnalee Roberts, Ivan Botha

Speeltyd: 117 minute

Ouderdomsbeperking: 7-9PGV

Rolverdeling: Donnalee Roberts, Ivan Botha, Marius Weyers, David James, Anton Dekker, Franci Swanepoel, Marcel van Heerden, Carmin Coetzer

Pad na jou Hart

Die jong, aantreklike en selfvoldane besigheidsman, Basson van Rensburg (Ivan Botha), het vyf dae om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom, maar hy moet sekere take voltooi op hierdie reis voordat hy die suksesvolle familiemaatskappy kan oorneem. Sy enigste kans om betyds in die Kaap te kom, is om ‘n rygeleentheid saam met die beeldskone, boheemse meisie, Amory (Donnalee Roberts) te kry.

Soos hulle deur die asemrowende natuurskoon van Suid-Afrika reis, ontmoet hulle wonderlike karakters wat sorg vir lekkerlag-oomblikke en lewensveranderende ervarings.

Om verlief te raak was nie noodwendig deel van een van die twee se plan nie, maar die pad na ons harte vat graag kinkels en draaie.