Produksie Huis: The Film Factory

Skrywers: Ivan Botha, Andrew Thompson

Regisseur: Stefan Nieuwoudt

Vervaardiger: Danie Bester

Speeltyd: 93 minute

Ouderdomsbeperking: 13PGLV

Rolverdeling: Ivan Botha, Neil Sharim, Andrew Thompson, Melt Sieberhagen, Ciske Kruger, Lelia Etsebeth, Solomon Cupido

Superhelde

In ‘n land waar mense nie meer opstaan vir waarin hulle glo nie, moet twee ontluikende superhelde die krag binne hulself vind om die een plek waar hulle inpas te red. Wanneer hul geliefde comic-winkel bedreig word, kom twee beste vriende se superheldkleure na vore. Dimensie Komieks is diep in die skuld en in die moeilikheid. Albert en Peet beraam saam met Saskia, Monique en SuperWayne ‘n buitensporige plan om die winkel te red.