fbpx

In ‘n wêreld wat deur Engels oorheers word, is dit soms moeilik om die regte Afrikaanse woord te vind vir ‘n wye verskeidenheid onderwerpe en vaktale. Nie net klink die Afrikaanse woorde soms vreemd nie, maar meeste mense gebruik liewer die internasionaal aanvaarde Engelse woorde.

Dit is juis hoekom ons #TrotsAfrikaans is en eie aan ons taal moet bly.

Martie Bester en Leon van Nierop het ‘n lys van Afrikaanse titels en terme saamgestel wat deurlopend in die rolprentbedryf gebruik word.

Hierdie is ‘n gratis hulpbron vir enige persoon werksaam in die rolprent- en televisiebedryf, kunste, media, akademia, die man op die straat en taalliefhebbers.

Verskaf jou naam, lewer kommentaar en help ons om die databasis so omvattend en akkuraat moontlik te maak. Indien jou voorstelle aanvaar word, sal jou naam ingesluit word as ‘n bydraer. Kommentaar sal ook in die openbaar bly om verwarring uit die weg te ruim of debat aan te moedig.

Die lys is op die oomblik alfabeties in Engels gerangskik omdat die woorde en terme beter bekend is aan gebruikers in Engels, maar ons sal dit alfabeties in Afrikaans uiteensit sodra die lys omvattend genoeg is.

#TrotsAfrikaans

ENGLISH


Action


Action Stunt Driver


Actor


Actors’ Agencies


Additional Dialogue Recording (ADR) Engineer


Age Restriction


Animation


Art Director


Assistant Director


Audition


Back Tracking


Backing Singer


Backing Tape


Backing Track


Behind The Scenes Videographer


Best Boy Gaffer


Best Boy Grip


Boom Swinger


Camera Assistant


Cast


Cinematographer


Co-Producer


Colour Design


Colourist


Continuity


Costume Designer


Crane


Data Handler


Dialogue Coach


Director


Distribution


Dolly


Drone


Editing


Editor


Executive Producer


Extras Coordinator


Fade In


Fade Out


Final Sound Mixing


First Assistant Director


Focus Puller


Footage


Frame


Freeze Frame


Graphic Designer


Graphics


Green Screen Operator


Grip


Hair Stylist


Lighting Technician/Gaffer


Line Producer


Location


Logo


Looping of Sound


Make-up Artist


Make-up Assistant


On-set Photographer


Parallel Editing


Post Production


Post Production Sound Facility


Producer


Product Placement


Production Coordinator


Production Designer


Production Driver


Production Manager


Prop Master


Props


Publicity


Runner


Script


Script Writer


Second Assistant Director


Second Unit


Second Unit Cinematographer


Set Dresser


Set Driver


Sound Recorder


Soundtrack


Spark


Special Effects


Special Effects Make-up


Special Sound Effects


Steadicam Operator


Story Board


Stuntman/Stunt Artist


Subtitles


Third Assistant Director


Tic-tock


Tracking Shot


Trailer Editor


Tri-pod


Two Way Radio


Unit Assistant


Unit Manager


Video Technician


Visual Effects


Voice Recordings


Wardrobe Standby


Zoom


AFRIKAANS


Aksie


Waaghalsbestuurder


Akteur


Akteursagentskappe


Addisionele Dialoog Opname (ADO) Ingenieur


Ouderdomsbeperking


Animasie


Kunsregisseur


Assistant Regisseur


Oudisie


Agtergrondmusiek


Agtergrondsanger


Digitale Begeleiding


Begeleidingsopname


Agter die Skerms Videograaf


Beligtingsassistent


Assistant Takelaar


Klankhengelaar


Kamera Assistent


Rolverdeling


Kinematograaf


Mede-Vervaardiger


Kleurontwerp


Kleurversorger


Kontinuïteit


Kostuumontwerper


Hyskraan


Datahanteerder


Dialoog Afrigter


Regisseur


Verspreiding


Dolly/Spoortrollie


Hommeltuig


Redigering


Redigeerder


Uitvoerende Vervaardiger


Ekstras Koördineerder


Doof In


Doof Uit


Finale Klankvermenging


Eerste Assistent Regisseur


Fokustrekker


Filmmateriaal


Raam


Vriesraam


Grafiese Ontwerper


Grafika


Groenskerm Operateur


Takelaar


Haarstilis


Beligtingstegnikus


Lynvervaardiger


Plek


Handelsmerk


Klankring


Grimeringskunstenaar


Grimeringsassistent


Stelfotograaf


Parallelle Redigering


Naproduksie


Naproduksie Klankfasiliteit


Vervaardiger


Produkteplasing


Produksie Koördineerder


Produksieontwerper


Produksiebestuurder


Produksiebestuurder


Rekwisietemeester


Rekwisiete


Publisiteit


Stelassistent


Teks


Draaiboekskrywer


Tweede Assistent Regisseur


Tweede Eenheid


Tweede Eenheid Kinematograaf


Stelinkleder


Stelbestuurder


Klankopnemer


Klankbaan


Vonkie


Spesiale Effekte


Grimering Spesiale Effekte


Spesiale Klankeffekte


Steadicam Operateur


Storiekaart


Waaghals/Waaghalskunstenaar


Onderskrifte


Derde Assistent Regisseur


Tik-tak


Glyskoot


Lokprent Redigeerder


Driepoot


Tweerigtingradio


Assitent Eenheidsbestuurder


Eenheidsbestuurder


Videotegnikus


Visuele Effekte


Stemopnames


Kostuumbystand


Zoem


Martie Bester is hoof van die vertaaldepartement by die televisiemaatskappy Overberg Produksies in Johannesburg. Sy is onder meer verantwoordelik vir die vertalings van die ‘Bakgat!’ trilogie, ‘Vir Altyd’, ‘Ballade vir ’n Enkeling’ en ‘Vaselinetjie’ en is ook ‘n gesoute vermaaklikheidsjoernalis.

Leon van Nierop word omroeper-regisseur by die SAUK in 1975. Hy skryf radioverhale soos Hartebreker en Ratels (tans op RSG), TV-dramas en TV-reekse soos Wolwedans in die Skemer en Ballade vir ʼn Enkeling wat ook rolprente geword het. Sy jongste twee romans, Doodloopstraat en Stralerjakkers het pas verskyn. Hy het reeds 31 romans geskryf. 
 
Hy is ook ‘n rolprentresensent. Sy boek oor die geskiedenis van die Afrikaanse rolprentbedryf, Daar doer in die Fliek is pas vrygestel, gegrond op sy kykNET TV-reeks. Hy was vir 4 jaar spesiale professor in film, asook hoof van die FILMSKOOL by TUT. Hy het film vir 20 jaar by verskeie universiteite gedoseer. Hy skryf ook 2 boeke oor rolprent-waardering. 
 
Hy wen die Caxton Toekenning drie keer as beste skrywer. Hy is die naaswenner as beste radioskrywer in die Sanlam radiodrama-kompetisie vir TWYFELBERG. Hy wen ʼn ATKV-Veertjie as beste radio-regisseur in 2010, en ‘n ATKV-Veertjie vir sy dokumentêre program oor Die Afrikaanse rolprent in 2011. 
 
Hy het onlangs op die verhoog saam met Rocco de Villiers opgetree in Leon en Rocco en Ander Instrumente, en is tans inhoudsvervaardiger en mede-aanbieder van kykNET se nuwe speletjiesprogram Flieknet FOENDIES.

Lys Van Bydraers:

Danie Bester

Larèt van Niekerk