fbpx

The Film Factory maak skoon by vanjaar se kykNET Silwerskermfees

Ons was vreeslik opgewonde om te hoor dat drie van ons films by vanjaar se kykNET Silwerskermfees sal speel: Vaselinetjie wat op 22 September vrygestel word, Vuil Wasgoed wat 8 Desember die grootskerm tref en Meerkat Maantuig wat volgende jaar op 16 Maart vrygstel word.

Die week by die Bay Hotel in Kampsbaai het talente van regoor die land bymekaar gekom om saam te deel aan mede-sterre se verhale. Ons was baie geseënd om ‘n vol teater te hê met elkeen van ons vertonings. Die trane het geloop in al drie teaters, trane van lag en trane van huil.

Met die aankondiging van die kategorie nominasies, was die opwindenheid hoog en die senuwees klaar.

The Film Factory wen 8 van die 12 speelfilm toekennings wat by die kykNET Silwerskermfees toegeken was vanjaar.

Maarkat Maantuig se kinematograaf, Willie Nel, wen beste kinematografie in ‘n speelfilm.

Vuil Wasgoed wen:

  • Beste redigering – Quinn Lubbe
  • Beste klankontwerp en oorspronklike musiek – Janno Müller & Benjamin Willem
  • Beste produksieontwerp – Merishen Wessels
  • Beste akteur in ‘n hoofrol – Bennie Fourie
  • Beste regisseur – Morné du Toit

Vaselinetjie wen:

  • Spesiale Toekenning – Marguerite van Eeden
  • Beste Speelfilm

Ons is baie trots op al ons wenners.

Baie geluk aan al die ander wenners asook al die genomineerdes. Dit was ‘n eer om saam met julle by vanjaar se kykNET Silwerskermfees te vertoon.