Huisgenoot se eeufeesfilm, Vir die Voëls, het op 25 November 2016 die silwerskerm getref en gehore bekoor. Irma de Klerk (vertolk deur Simoné Nortmann), die rooikop rabbadoe, se kortverhaal (Slim vang sy Baas) was gekies as die HG100-liefdesverhaalkompetisie wenner én dus, deur The Film Factory in samewerking met kykNET vervaardig in ‘n vollengte film.
Vir die Voëls is aanvaar om by vyf internasionale feeste deel te neem aan die katagorie: Beste Internasionale Vollengtefilm.
Die feeste sluit in:
Edmonton Internasionale Filmfees
– in Kanada
– in Washington, V.S.A.
Heartland Internasionale Filmfees
– in Indiana, V.S.A.
Tallgrass Internasionale Filmfees
– in Kansas, V.S.A.
Lone Star Internasionale Filmfees
– in Texas, V.S.A.
Simoné sal Vir die Voëls verteenwoordig by vier van die vyf feeste en ook blog oor haar ervaring. Neels van Jaarsveld, wat die rol van Ivan Humpel (Irma se pa) vertolk, sal twee van hierdie feeste bywoon.
Vir die Voëls is ook benoem vir drie Huisgenoot Tempo-toekennings:
- Beste vollengte film
- Beste aktrise in ‘n film – Simoné Nortmann
- Beste akteur in ‘n film – Francois Jacobs
Vir die Voëls is beskikbaar op DVD