ROLVERDELING

Simoné Nortmann is ’n jong, Suid-Afrikaanse aktrise wat bekendheid verwerf het vir haar rol as Nadia Croucamp in die bekende, plaaslike seep, 7de Laan.

Francois Jacobs is ’n ywerige, jong akteur wat in 2015 by die kykNET Fiëstas as Beste Toekomstige Kunstenaar genomineer is.

Elize Cawood het Drama aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en het haar professionele loopbaan in 1974 afgeskop.

Neels van Jaarsveld is ’n veelsydige Suid-Afrikaanse akteur en storieverteller wat bekendheid verwerf het vir sy rol as Dokter Gideon Basson in die Afrikaanse seep Binnelanders en sy rol in die Klipdrift advertensie as die Eish-ou

Nicola het haar diploma in Drama aan die Universiteit Kaapstad ontvang met akademiese lof en werk vir die afgelope 18 jaar as ’n vryskut-aktrise.

Bennie Fourie is ’n voltydse akteur, skrywer en regisseur met ’n slag vir komedie. Hy was vir baie jare deel van die improvisasiegroep Lagnes en het in 2015 die rol van Hermann in die eerste Afrikaanse branderplankry-rolprent, Die Pro vertolk.

Lara Kinnear (néé Coetzee) oorspronklik van Pretoria, het gematrikuleer aan Hoërskool Waterkloof met dansstudies, musiek en drama as haar hoofvakke

Leandry Smith is ’n Graad 4-leerling by Laerskool Anton van Wouw in Pretoria wat reeds op negejarige ouderdom met verskeie ambassadeurstoekennings deur die NEA toegeken is

Liam Bosman is ’n intelligente 13-jarige wat die rol van Sampie de Klerk Junior in Vir die Voëls vertolk. Hy wou van kleins af ’n akteur in Hollywood word en wil in Marvel-flieks teenoor Charlize Theron en Selena Gomez speel.

Candice is ’n leerder aan Laerskool Randhart in Alberton en is spontaan, lief vir pret, vol selfvertroue en is reeds vanaf vyfjarige ouderdom op die verhoog

Drikus Volschenk is grootliks bekend vir sy rol as Coen in die sepie Binnelanders op kykNET.

Edrien begin in 2002 opvoerings doen onder die naam E3N. Haar solo-albums sluit in Big-Ben en Huisie Innie Stad