Bathoni Robinson

Produksie-Ontwerper

Bathoni Robinson

Bathoni Robinson se eerste werk in die filmbedryf was as kamerassistent by die African Cup of Nations in Burkina Faso.

Dit is egter al14 jaar later en gedurende hierdie tyd het sy breedvoerig gewerk in die advertensiebedryf as kunsregisseur en stilis, en meer onlangs as produksieontwerper op rolprente. Die rolprentbedryf hou haar die laaste drie jaar besig en met haar werkservaring in 10 lande in Afrika het die kommersiële wêreld haar ’n ongekende oefenveld gegee vir ’n interpratiewe oog vir detail met betrekking tot die verhaal en mense.

Haar talentvolle aanslag vir periodewerk is ook duidelik in Bloedbroers, ’n televisiereeks van 13 episodes, en die rolprent Modder en Bloed wat albei in die 1900’s afspeel.

Sy het ook op die gewilde reeks Fluiters gewerk en het ’n SAFTA ontvang vir haar bydra tot Pretville (2013).

Voor sy die filmbedryf betree het, het sy verskeie binneontwerpprojekte behartig vir kliënte soos Ocean Basket.

“My passie en dryfkrag vir die storievertelproses spruit uit die lae op lae detail; teksture en visuele ondersteuning wat ’n omgewing vir karakters se uitdrukking bied en die ervaring van hulle wêrelde, hetsy dit die innerlike wêreld van emosie of die uiterlike wêreld van die werklikheid en vertelling is.”

Fish & Co, Pringle en Ben Sherman. Sy het tekstielontwerp studeer en is ook ’n gekwalifiseerde Bihar joga-instrukteur

“Perioderolprente is my passie en dit was ’n wonderlike uitdaging om op ’n storie te werk waar ’n mens moet teruggaan in die geskiedenis toe dinge anders was as waaraan ons gewoond is. Die sewentigs is ’n besonderse tydperk vir my met wonderlike herinneringe. “Die grootste uitdaging is om die kyker te kan meevoer en ’n ware weerspieëling van die tydperk aan hulle te kan bied. Omdat ek tekstuur en detail so waardeer, speel dit ’n groot rol. Om oorspronklike stukke te vind en die egtheid wat

saakmaak te handhaaf, bring ’n konneksie tussen die tasbare en die emosionele wêreld vir die akteur en die kyker. Voorbereiding word hoogs beïnvloed deur jou te omring met ’n span wat die passie en visie kan beleef en om deeglike naslaanwerk te doen. Ons as’t ware die rolprent te eet, leef en slaap. As daar kreatiewe passie en energie is, kan niemand jou stop nie, want dis ’n ongelooflike ervaring en reistog vir almal.”

Bathoni Robinson se ongelooflike talent en oog vir detail is baie duidelik in die projekte waaraan sy gewerk het.