Benjamin Willem

Oorspronklike Musiek

Benjamin Willem

Benjamin Willem het op agtjarige ouderdom op die klavier begin tokkel en het na skool musiekkomponering aan Wits studeer.

Benjamin Willem is ’n hoogs ervare musiekkomponis wat al klankbane gekomponeer het vir meer as 17 vollengte rolprente, meer as 40 internasionale dokumentêre vir National Geographic, die Discovery Channel en baie ander kliënte, asook verskeie televisiereekse en advertensies.

Hy het verskeie nominasies vir sy rolprentkomposisies by die Silwerskermfees en die Safta-toekennings in verskeie

kategorieë ontvang.

Benjamin het ’n silwer medalje vir Beste Oorspronklike Klankbaan by die 2015 New York Festival’s World’s Best TV & Films Kompetisie ontvang, en vir Beste Oorspronklike Klankbaan by die Wawela Musiektoekennings, ook in 2015. Sy passie is die skryf van rolprentklankbane en om mense emosioneel aan te raak met sy musiek.

#OnthouJyNog hoeveel swiets jy kon koop met ‘n half sent?

Die sterling-geldstelsel (twaalf pennies in ‘n sjieling en twintig sjielings in ‘n pond) is in 1961 deur ‘n desimale stelsel (honderd sente in ‘n rand) vervang. Met die omskakeling was een pond gelyk aan twee rand.

#VirDieVoëls #25November2016