C.A. van Aswegen

Redigeerder

C.A. van Aswegen

C.A. van Aswegen, wat al verskeie toekennings in die industrie losgeslaan het, het met cum laude in sy honneursjaar in Motion Picture Medium by AFDA in Johannesburg gegradueer.

Na universiteit het C.A. sy loopbaan as redigeerder begin op verskillende hoogs aangeskrewe en bekroonde dokumentêre speelprente (en in kort formaat), onder meer ’n reeks oor die lewe van Nelson Mandela.

Hy het al meer as 100 advertensies en musiekvideo’s geredigeer; en die redigering van 24 rolprente behartig. C.A. het sy fokus na langformaat, narratiewe redigering verskuif, en spesialiseer in rolprente en dokumentêre speelprente.

Sy projekte sluit die volgende rolprente in: Vir Altyd, Ballade vir ’n Enkeling, Pad Na Jou Hart, Klein Karoo, The Owner, Night Drive, Bakgat!, Ouma se Slim kind en Vir Altyd. Hy ontvang ook twee SAFTA-nominasies as redigeerder vir Roepman en Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom. C.A. is ’n ten volle geakkrediteerde lid van die South African Guild of Editors.

Redigeerders speel ook ’n rol in die storievertelling en bepaal hoe die leser die verhaal gaan interpreteer.

#OnthouJyNog Oorklankiaans (soos Casper de Vries dit laterjare geroep het)?

Aan die beginjare van televisie in Suid-Afrika was daar nog nie genoegsame inhoud om al die ure te vul nie – maar ‘n boer maak ‘n plan! – en daar is inhoud aangekoop van Amerika, Frankryk en Duitsland wat plaaslik oorgeklank is. Ons lag nou, maar oorklanking was ‘n kuns en Suid-Afrika was een van die internasionale
voorlopers op hierdie gebied.

#VirDieVoëls #25November2016