Filmspan

Corné het die regie van produksies vir die SABC, BBC, National Geographic, kykNET en M-Net behartig, asook verskeie bekroonde kort films en advertensies.

René van Rooyen is ’n regisseur, draaiboekskrywer en die mede-eienaar van die filmproduksiemaatskappy, Red Letter Day Pictures.

Danie Bester het oor die afgelope sewe jaar 22 vollengte rolprente vervaardig en word deur baie mense as ’n sleutelpersoon in die hernuwing van die Suid-Afrikaanse filmindustrie beskou.

Saskia werk as ’n onafhanklike vervaardiger in Kaapstad, Suid-Afrika en het tot dusver twee bekroonde speelfilms vervaardig, naamlik ‘Unearthed’, ’n hoogs verwagte dokumentêr oor hidrouliese breking en ‘Hollywood in my Huis’, ’n narratiewe rolprent wat op ’n jong Suid-Afrikaanse gehoor gemik is.

Adam Bentel is ’n kinematograaf. Op stel staan hy as die Director of Photography bekend en is hy daarvoor verantwoordelik om die storie wat in die draaiboek omvat word visueel uit te beeld.

Redigeerder C.A. van Aswegen het al meer as 31 plaaslike en internasionale rolprente voltooi.

Janno Müller is ’n oudio-ingenieur met meer as 20 jaar ondervinding in die oudio-naproduksie industrie

Waldemar Coetsee het sy professionele loopbaan in die filmindustrie 11 jaar gelede begin terwyl hy aan AFDA in Johannesburg studeer het deur op elke studentefilm waarop hy moontlik kon, bystaanwerk te doen.

Nerine het ’n natuurlike aanslag vir mode en het ’n sterk agtergrond in modeontwerp, en boonop 14 jaar plaaslike en internasionale ervaring.