Elani Dekker

Ouer Pizzaface

Elani Dekker

Elani Dekker is ewe talentvol as ’n akteur en danser. In 2015, het sy haar eerste hoofrol in die speelfilm, ‘Jou Romeo’, losgeslaan met André Velts as regisseur. Sy vertolk die rol van Yvette Verwey in hierdie romantiese komedie. Sy is ook een van die hoofkarakters, Pizzaface, in ‘Vaselinetjie’, ’n film gebaseer op die bekroonde roman met dieselfde titel deur Anoeschka von Meck.

Elani het ’n beurs van The New York Film Academy (NYFA) ontvang en het in 2015 die Acting on Film-kursus aan NYFA voltooi waar sy saam met kunstenaars van regoor die wêreld gewerk het.

Sy was ’n aanwins as assistant-produksiebestuurder in 2015 op die stel van die film, ‘Sink’, met Brett Michael Innes as regisseur. Elani het al saamgewerk met bekende Suid-Afrikaanse akteurs soos Anel Alexander, Jacques Bessenger en Shoki Mokgapa.

Ouer Pizzaface

Pizzaface is ’n kinderhuismeisie wie se ma as gessellin in Hilbrow werk. Sy word die kinderhuis se M-Net genoem, omdat sy altyd stories van almal ronddra. Volgens Pizzaface is sy al ’n paar keer van haar maagdelikheid ontneem en sy gesels gemaklik daaroor met almal.