Shaleen Surtie-Richards

Ouma Kitta

Shaleen Surtie-Richards

Die naam Shaleen Surtie-Richards is sinoniem met beroemdheid in die Suid-Afrikaans kunste-arena. Met 49 toekennings, het Shaleen oor die afgelope drie dekades vir haarself naam gemaak as ’n hoogs suksesvolle teater-, televisie en rolprentaktrise.

Haar fenomenale en versigtig geselekteerde rolle het nie net aan haar ikoniese status besorg nie, maar sy is ’n handelsmerk in haar
eie reg.

Met haar opregte liefde vir haar land en sy reënboognasie, verleen sy haar naam aan verskeie liefdadigheidsorganisasies. Dit is haar doelwit om met haar Godgegewe talent mense elke dag te motiveer, aan te moedig en te inspireer.

Oupa Kitta

Ouma Kitta is ’n 75-jarige bruin vrou wat in die Richtersveld gebore is. Sy is Vaselinetjie se liefdevolle ouma en het haar as haar eie kind grootgemaak. Wanneer Vaselinetjie haar ouma uitvra oor haar ligter velkleur, antwoord Ouma Kitta slegs: “Jy was maar net van altyd af so lig. Ons is wat die liewe Vader ons gemaak het. Ons moet dit so aanvaar. God maak nie foute nie.”