Marguerite van Eeden

Ouer Vaselinetjie

Marguerite van Eeden

Marguerite van Eeden is ’n kunstenaar wat ten spyte van haar jong ouderdom al baie rolspeel-ondervinding agter die blad het. Aangesien sy vanaf ’n jong ouderdom ’n aktrise is, het sy haar rolprentloopbaan met haar eerste grootskermrol in ‘Vaselinetjie’ entoesiasties aangepak.

Sedertdien het sy in belangrike produksies, soos ‘Sara se Geheim’ en ‘Die Byl’ verskyn. Sy is vasbeslote om die Suid-Afrikaanse film- en televisiemark te verower; en wil ook haar merk in die internasionale arena maak.

Sy pak hierdie moeilike industrie met grasie en professionalisme aan en gevolglik ontvang sy lof vir haar optredes terwyl sy haar reeds indrukwekkende ondersteuningsgroep uitbrei.

Ouer Vaselinetjie

Op 16-jarige ouderdom is Vaselinetjie goed aangepas vir die kinderhuislewe. Dit is ’n harde, gevaarlike wêreld waar niemand oor jou traak nie, en waar sy ook geleer het om oor niemand te traak nie. Maar dis wanneer ‘n liefdesverhouding tussen haar en ‘n vurige kinderhuisseun, Texan, opvlam, dat een van haar grootste uitdagings gekonfronteer word: Die waarheid oor haar herkoms.