Corné van Rooyen

Regisseur & Draaiboekskrywer

Corné van Rooyen

Regisseur en Draaiboekskrywer

Corné het die regie van produksies vir die SABC, BBC, National Geographic, kykNET en M-Net behartig, asook verskeie bekroonde kort films en advertensies. Deur Stage 5 Films en sy eie produksiemaatskappy, Red Letter Day Pictures, het Corné sy eerste vollengte speelfilm ‘Hollywood in my Huis’ uitgereik in die rol van skrywer en regisseur.

Hierdie film het drie toekennings by die 2014 kykNET Silwerskermfees losgeslaan, naamlik die Gehoortoekenning vir Beste Film, die Kritici-toekenning vir Beste Film en die Gehoortoekenning vir Beste Aktrise. Corné was die regisseur van ‘Sy Klink Soos Lente’, sy tweede rolprent, wat in September 2016 uitgereik is en daarna ook aan die stuur van ‘Vaselinetjie’ wat deur sy eie produksiemaatskappy en The Film Factory vervaardig word.

Sy filmografie sluit ook die regie en skryf van ‘Stille Waters’, ‘Kokkedoor’, ‘Davids Familyland’ en ‘Voyage of Discovery’ in.

Voor dit het Corné by Cooked in Africa Films gewerk en was hy die regisseur van ‘The Ride of Sir Harry Smith’, ‘The Ride’, ‘Mongol Derby’, ‘Seasons at Terroir’, ‘Cadiz’, ‘Fresh Living TV’, ‘The Ride of the Peacemaker’ en ‘Exploring the Vine’, om ’n paar te noem.

Voor Corné se voltydse filmloopbaan ’n aanvang geneem het, was hy Hoof van die Regiedepartement by AFDA in Kaapstad.