Elzet Nel

Ouer Killer

Elzet Nel

Alhoewel ‘Vaselinetjie’ haar eerste vollengte film is, was Elzet te sien in die teaterstuk ‘Dit sal kom met tyd’, waarvoor sy bekroon is vir haar spel. Sy was ook ingesluit in die Top 20 by 2014 se ATKV-Tienertoneel kompetisie.

Sy praat vlot Afrikaans, Engels en Frans en haar belangstellings sluit in klavierspel, dans, joga, branderplankry, skaatsplankry, skop-boks, Pilates, perdry en swem.

Ouer Killer

Killer is ’n rabbedoe met ’n bleek vel en spierwit hare. Sy het haar dronk stiefpa se klere aan die brand gesteek terwyl hy geslaap het. Nou mag sy nie meer huistoe gaan nie, maar volgens haar is dit piekfyn. Killer is Vaselinetjie se beste vriendin en weet alles van almal in die kinderhuis. Haar grootste vrees is verwerping, maar sy steek dit goed weg agter haar windgat houding.