Nerine Pienaar
Kostuums

Nerine Pienaar
Kostuums
Nerine het ’n natuurlike aanslag vir mode en het ’n sterk agtergrond in modeontwerp, en boonop 14 jaar plaaslike en internasionale ervaring. Sy en haar garderobe-span is bekend vir hul talentvolle en kreatiewe skeppings met ’n sterk fokus op individualiteit.
Haar winkel, The Wardrobe Studio, is in Bordeaux in Johannesburg geleë en van daar af verskaf sy die plaaslike filmbedryf met ’n huurfasiliteit wat ’n wye verskeidenheid klere aanhou.
Na 2010 het die SAFTA-toekennings vir haar kostuumontwerp begin inrol. Sy het in 2010 ’n SAFTA vir ‘Mr Bones 2’ ontvang en ook in 2013 vir ‘Pretville’. Sy is ook genomineer vir haar werk aan ‘Semi-Soet’ (2013) en ‘Dis Ek, Anna’ (2016). Haar mees onlangse film projek was die suksesvolle ‘Vir die Voëls’.