Janno Müller

Klankontwerper

Janno Müller

Klankontwerper

Janno Muller is ’n oudio-ingenieur met meer as 20 jaar ondervinding in die oudio-naproduksie industrie. Na hy sy studies in 1997 voltooi het en vir verskeie produksiemaatskappye gewerk het, het hy On-Key Sound Studios in 2001 begin.

As klankingenieur het Janno al aan verskeie genres van plaaslike en internasionale produksies gewerk, van vollengte films tot dokumentêre reekse oor die natuur waarvan hy die klankontwerp behartig het, asook omringingsklankmengwerk, Foleys, dialoogredigering, addisionele dialoog opnames en tracklay.

Onlangs voltooide vollengte films sluit in ‘Beyond the River’, ‘The Lucky Specials’, ‘Sy Klink Soos Lente’, ‘Jonathan’ en ‘Free State’.