Waldemar Coetsee

Produksieontwerper

Waldemar Coetsee

Produksieontwerper

Waldemar Coetsee het sy professionele loopbaan in die filmindustrie 11 jaar gelede begin terwyl hy aan AFDA in Johannesburg studeer het deur op elke studentefilm waarop hy moontlik kon, bystaanwerk te doen.

Na hy sy studies voltooi het, het Waldemar as stelinkleder op erskeie internasionale en nasionale projekte, soos ‘White Light’, ‘Tornado’ en ook die suksesvolle tienerkomedie ‘Bakgat!’ wat deur The Film Factory vervaardig is, gevorder.

Na hy sy eerste deurbraak as HOD op die stel van die M-Net-reeks ‘Innocent Times’ gekry het, het Waldemar nog nooit teruggekyk nie. Sedertdien, was hy die produksieontwerper op 21 films en vier televisiereekse.

Hy het ook waardevolle ondervinding as kunsregisseur opgedoen in verskeie TV-reekse en films (insluitend ‘District 9’) en is ook vernuftig as ’n spesiale effekte kunstenaar.

Hy is vir drie SAFTA-toekennings genomineer vir ‘Roepman’, ‘Room 9’ en ‘Faan se Trein’. Hy ontvang hierdie toekenning vir sy werk aan laasgenoemde.

Wanneer hy ’n nuwe projek aanpak, is sy verantwoordelikheid om stories visueel oor te dra, om die regisseur se belange te verteenwoordig en om die begroting in ag te neem, van kardinale belang.