Anchen Du Plessis
Jonger Killer

Anchen du Plessis
Anchen is ’n leerling by Hoërskool Eldoraign. Sy is spontaan en het hope selfvertroue en energie. Haar groot passie is om op die verhoog te wees en sy geniet dit om ’n gehoor te vermaak. Anchen se dramaloopbaan het in 2011 by Estetika onder leiding van Hydie Loots begin.
Vanaf 2014 woon sy sanglesse by en geniet dit om kitaar te speel. Ander passies sluit haar familie en perdry in. Anchen presteer deurlopend by eisteddfods en is ook uitmuntend in openbare redevoering.
Jonger Killer
Killer is ’n rabbedoe met ’n bleek vel en spierwit hare. Sy het haar dronk stiefpa se klere aan die brand gesteek terwyl hy geslaap het. Nou mag sy nie meer huistoe gaan nie, maar volgens haar is dit piekfyn. Killer is Vaselinetjie se beste vriendin en weet alles van almal in die kinderhuis. Haar grootste vrees is verwerping, maar sy steek dit goed weg agter haar windgat houding.