Daniah de Villiers

Jonger Pizzaface

Daniah de Villiers

Daniah is ’n passievolle jong aktrise en sanger met heelwat ondervinding voor die kamera. In 2013, het sy die Junior Grand Champion of the World-toekenning vir drama in die ouderdomsgroep 7 tot 15 jaar by die Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste in Hollywood, Los Angeles gewen.

Sy word in 2014 gekies om as een van die top 10 kandidate van die SATCH-kompetisie in die VSA deel te neem. Daniah maak ook haar verskyning in die volgende rolprente: ‘Mia and the White Lion’, ‘Nul Is Nie Niks Nie’; ‘Vaselinetjie’ en ‘Meerkat Maantuig’.

Jonger Pizzaface

Pizzaface is ’n kinderhuismeisie wie se ma as gessellin in Hilbrow werk. Sy word die kinderhuis se M-Net genoem, omdat sy altyd stories van almal ronddra. Volgens Pizzaface is sy al ’n paar keer van haar maagdelikheid ontneem en sy gesels gemaklik daaroor met almal.