René van Rooyen
Draaiboekskrywer
René van Rooyen
Draaiboekskrywer
René van Rooyen is ’n regisseur, draaiboekskrywer en die mede-eienaar van die filmproduksiemaatskappy, Red Letter Day Pictures. Sy het meer as agt jaar se ondervinding in regie en met die skryf van inhoud vir verskeie drama, leefstyl en dokumentêre reekse vir onder andere Mzansi Magic, SABC, kykNET en M-Net.
René het ook die regie behartig van ‘Nantes’, die wenner van Beste Kort Film by die 2014 Silwerskermfees. Sy was mede-skrywer en mede-vervaardiger van die speelfilm ‘Hollywood in my Huis’ en ‘Vaselinetjie’, asook regisseur en draaiboekskrywer van die film, ‘Mooirivier’.
In 2013 was sy een van 10 filmmakers wat gekies is vir die NFVF se Vrouefilmmakersprogram en het die regie en skryf van die 25-minuut distopiese kort film ‘Pathology’ deur Quizzical Pictures behartig. Hierdie was die eerste projek waarin sy verantwoordelik was vir haar eie VFX-samestelling.
Haar filmografie sluit ook ‘The Ride’, ‘Bravo!’, ‘Shore Thing’ en ‘All Access’ in.